Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Rooivlerkspreeu" deur D.F. MALHERBE
"Die Rooivlerkspreeu" deur D.F. MALHERBE [boodskap #10154] Vr, 01 Augustus 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE ROOIVLERKSPREEU
D.F.Malherbe

O rooivlerkspreeu,
ek hoor jou lied,
'n diep verhaal
van warm verdriet...
Ek hoor jou klae,
jou stemklank soos in kinderdae,
en soek dan hier,
dan daar,
tot ek jou op die tak gewaar,
allenig op die eiketak,
so somber-swart,
so windverward!
Die reënbui en die winterkou...
die berg is toe van wolkegrou,
die stormweer smoor
jou klagte dood:
bo in die berg is hongersnood.
Die donker kom,
die stormwind fluit -
my hart herhaal
'n honderd maal
die smeking van jou stemgeluid!
O rooivlerkspreeu,
so somber-swart,
so noodverward,
ek hoor jou in die noordewind.
O bedelaar-kind,
verstom, verkluim,
in raaisel-dom
van koue, wrede
wêreldruim!
Vorige onderwerp: "Haelwit gestapelde wolke" deur TOON VAN DEN HEEVER
Volgende onderwerp: 'n Gedig van JOAN HAMBIDGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 09:44:30 MGT 2024